Matrjosjka

Matrjosjka-poppe wat langs mekaar uitgestal is.
’n Matrjosjka-stel van poppe wat in mekaar pas.

Matrjosjka (Russies: матрёшка, IFA: /mɐˈtrʲɵʂkə/, ), ook bekend as Russiese pop of skilpop, is ’n houtpop wat deel uitmaak van ’n stel van afnemende grootte wat in mekaar pas. Die naam "matrjosjka" beteken letterlik "dametjie" en is afgelei van die vrouenaam Matrjona of Matrjosja.[1]

’n Stel matrjosjkas (Russiese meervoud: матрёшки, "matrjosjki") bestaan uit ’n houtfiguur wat in die middel oopmaak om ’n kleiner weergawe binne-in te onthul. Dié kan weer oopgemaak word om ’n nog kleiner figuur te onthul, ens. Die kleinste poppie is gewoonlik van ’n enkele stuk hout gemaak en kan nie oopgemaak word nie.

Die eerste matrjosjka-stel is in 1890 deur Wasili Zwjozdotsjkin gemaak van ’n ontwerp deur Sergei Maljoetin, ’n volkskunsskilder van Abramtsewo. Die buitenste laag is tradisioneel ’n vrou in ’n lang tradisionele, vormlose rok. Die figure binne-in kan van enige geslag wees. ’n Groot deel van die kuns lê in die verf van elke pop; dit kan heel oordadig wees. Die poppe word gewoonlik volgens ’n tema geverf; dit kan wissel van feëverhaalkarakters tot Sowjetleiers. Soms word die poppe "baboesjkas" ("oumas", "ou vroue") genoem.

  1. Oxford English Dictionary Online. Besoek op 2011-03-25.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search